Onder gebed wys die Here my van bo af hoe swart is die SA: dit is vol swart rookwolke, daar is nêrens lig wat deur hierdie swart wolke skyn nie. Die swart rookwolke maalkolk die hele SA deur, dit maak swartwarrelwinde wat deur die strate van SA dwarrel en draai.Ek probeer sien waar kom hierdie swart wolke vandaan, want daar moet tog 'n oorsprong wees, 'n wortel van kwaad moet êrens uitgeroei word.
Hierdie swart wolke wat hang oor SA het meer as een oorsprong. Dit kom nie NET van die nie-blankes af nie! Die blankes, en veral ons voorouers, het 'n baie groot aandeel hierin. Ek gaan eers die vision oor die swart warrelwinde uitlê soos die Here mygelei het. ASSEBLIEF lees die vorigeblog: "Besmette grond v SA"! Dit gaan oor die blankes se aandeel in die swart wolke wat oor land hang.
OPROEPVAN VOOROUERS
Jes 8:19: "En as hulle vir julle sê: Raadpleeg die geeste van afgestorwenens en die geeste wat waarsê, wat piep en mompel - moet 'n volk nie sy God raadpleeg nie; moet vir die lewendes die dooies gevra word?"
Die Here sien alles raak en geen voorvader is wyser of sterker as God nie. Geen afgestorwene of voorvader het die antwoorde nie. Die Here waarsku baie duidelik in Sy Woord dat dit ontoelaatbaar vir die mens is om afgestorewenes te raadpleeg. Dit is a.g.v hierdie okkultisme en al die werke van die toordokters / sangomas wat in die gees die swartwarrelwinde oor SA veroorsaak. Maar die Here sal die vergelding op die skuldiges se koppe laat afkom.
Obadja15: "…jou daad sal op jou hoof neerkom."
Ons dien 'n regverdige God en Hy gaan nie ons blankes laat lei vir die gruwels wat die anders nasies bedryf nie. Die Here wys dat Hy die swart warrelwinde sal gebruik om oor die volk wat die voorouers raadpleeg, te laat warrel - die Here sê die swart winde sal hulle gedagtes verduister, dit gaan hulle dronk en deurmekaar maak, dit gaan hulle blind maak sodat hulle nie die ware realiteit sal sien nie, dit gaan hulle doof maak sodat hulle niks hoor nie. Dit gaan hulle so blind, doof en deurmekaar maak dat hulle mekaar sal aanval en mekaar sal uitmoor." Hulle sal onder mekaar maai en nie eers besef hulle is besig om hulself uit te moor nie, maar die blankes gaan nie deel daarvan wees nie. Die Here sê Hy sal nie toelaat dat hulle die blankes uitmoor nie. Daar is dinge wat die blankes met die Here moet uitsorteer, maar die Here is kwaad vir die nasie wat die voorouers raadpleeg, omdat hulle hulle voorouers se gepiep verkies bo die Een Ware God.
Isaiah 57:13: "When you cry for help, let your collection of idols save you. A WIND will carry them all away. A breath will take them away."
Onder gebed gee die Habakuk
PRYS DIEHERE!!!!!
Hab1:2: "Hoe lank o Here, roep ek om hulp, maar U hoor nie; skreeu ek tot U Geweld. Maar U help nie?
3 Waarom laat U my onreg sien en aanskou U die moeite. Ja, verwoesting en geweld is voor my oë; en daar is stryd, en twis begin. 4 Daarom verloor die wet sy krag, en die reg kom nooit meer te voorskyn nie; want die goddelose omsingel die regverdige, daarom kom die reg verdraaid te voorskyn. 5. Aanskou onder die nasies en merk op, en staan verstom, verstom: want EK GAAN IETS IN JULLE DAE DOEN WAT JULLE NIE SAL GLO AS DIT VERTEL WORD NIE. 6 Want kyk, Ek gaan die Chaldeërs opwek, daardie kwaai en onstuimige nasie wat trek deur die wydtes van die aarde, om wonings in besit te neem wat aan hom nie behoort nie. 7 Verskriklik en gedug is hy, van homself gaan sy reg en hoogheid uit. 9 Hulle kom almal om geweld te pleeg… 11 Dan gly hy verby, 'n wind, en trek verder - maar word skuldig, hy wie se krag sy god is.
Hab2:2: "Toe antwoord die Here my en se: Skryf die gesig op en graveer dit op tafels, sodat hulle dit in die verbygaan kan lees. 3 Want die gesig sal nog duur tot op die vasgestelde tyd; maar dit spoed na die einde en sal nie teleurstel nie. As dit mag vertoef, wag daarop; want alte seker sal dit kom en nie versuim nie: 4 Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie. Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.
Vir 'n paar dae hierna, kry ek nog 'n paar bevestigings:
Jes 6:10: "Maak die hart van die volk vet en maak hulle ore swaar en bestryk hulle oë, sodat hulle nie sien met hul oë en met hul ore nie hoor en hul hart nie verstaan nie, en hulle hul nie bekeer en gesond word nie" Dit i spresies wat die Here gesê het Hy met die nasie gaan doen!!
(Wonderlike bevestiging) Jes 19:2: "En Ek sal Egipte teen Egipte ophits, sodat hulle sal veg, elkeen teen sy broer en elkeen teen sy naaste, stad teen stad, koninkryk teen koninkryk. 3 En die gees van Egipte sal radeloos word in sy binneste, en sy planne sal Ek verwar; dan raadpleeg hulle die afgode en die besweerders en die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê 14 Die Here het daarin 'n gees van bewelming gegiet, en Egipte is op 'n dwaalweg gebring in al sy werk, soos 'n drokaard tuimel in sy uitbraaksel"
SONDES VAN ONS VOOROUERS
Daar is swart wolke wat oor SA wat soos 'n moskombersie hang wat sy oorsprong te danke het aan die blankes. Ek gaan nie ten diepte daarin delf nou nie, as jy belangstel om openbaring met al die skrif wat die Here gegee het, te lees, lees dit gerus op die vorige blog. Die blankes is nie onskuldig nie, ons het ook sake wat ons ASB moet uitsorteer voor die Here oor wat ons voorouers gedoen het, en ons moet ons tradisies en rassisme laat staan. Op hierdie stadium gebeur daar in ons land baie ongeregtighede - die swartes besteel, verkrag en vermoor die blankes, maar as jy gaan kyk na die blog oor die rassisme van blankes, is dit ongelukkig die vergelding wat op die blankes se koppe neerkom oor wat ons voorouers met die nie-blankes gedoen het. Maar nogsteeds sê die Here Hy sal nie toelaat dat die nie-blankes die blankes uitmoor nie! Die dag sal kom wanneer die Here se toorn gaan losbreek oor die skuldiges, en daardie dag is die dag wat die Here die swart rookwolke binne-in die skuldiges se wese sal terugblaas om hulle verstand, oë en ore aan te tas. Hulle sal nie tot die besef kom dat hulle besig is om mekaar uit te moor nie, maar dit sal 'n bloedbad wees daardie dag. Swart teen swart, en nie swart teen wit nie. Die blankes sal staan en toekyk hoe dit gebeur. Op daardie dag sal die Here die eer kry van die blankes af en hopenliksal alle blankes dan die Here in opregtheid begin dien!
'n Rukkie terug het ek 'n droom gehad dat daar uit 'n duidelike stem met my praat uit 'nplafon of balke en die stem het gesê: Die Here van die leërskare sal neerdaal op Sy kinders, en dat ek Joel 2 lees. As jy Joël 2 lees, sal jy sien dit handel oor die volk wat God stuur 'n ander volk aan te val. Maar in v12 en 13 sê God: "…bekeer julle tot My met julle hele hart, en met vas en geween en rouklag. 13 En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die Here julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil"
V18: "Toe het die Here geywer vir sy land en sy volk verskoon."
Dit is wat God van ons wil hê! Dat ons ons harte skoonmaak voor Hom en dat ons met opregte harte sal terugdraai na God, want dan sal Hy ons red uit die mag van die gedugte volk. En dan V25: "En Ek sal julle vergoed die jare wat die treksprinkaan, die voetganger, die kaalvreter en die afknyper verslind het - my groot leërmag wat Ek teen julle gestuur het…"
Die enigste ding wat ons blankes te doen staan, is om eerstens met God reg te maak en alle rassisme en tradisie uit ons midde te verwyder en om in geloof vorentoe te stap en SA in die hand van God te laat, want ons God is nie 'n God wat lieg nie en Hy kom Sy beloftes na. Hy sal doen wat Hy sê Hy sal doen. As ons net gehoorsaam wil raak aan Hom en Sy Woord, sal Hy ons op hierdie manier red van die plunderaars. Dit help tog nie ons wil uit ons eie krag probeer veg teen hulle nie, ons is swak uit onsself, ons het vir God nodig!
Joël 2:21: "WEES NIE BEVREES NIE, O AARDE, JUIG EN WEES BLY, WANT DIE HERE DOEN GROOT DINGE!"
No comments:
Post a Comment