Eseg22:31: "Daarom het Ek my toorn oorhulle uitgegiet; deur die vuur van My grimmigheid het Ek hulle verteer; hulle wandel het ek op hulle hoof laat neerkom, spreek die Here Here."
GRONDVOORBEREIDING
Die Here wys 'n geruime tyd Hy wil SA se grond voorberei, want daar is belangrike saadwat geplant moet word. Hierdie saad komvan God af en moet in die beste vrugbaarste grond geplant word. Maar op hierdie stadium is daar 2 goed oor SAwat God verhoed om die saad te saai. Eerstens is SA se grond nie vrugbaar nie, die grond is nog vol onkruid,dit is besmet en is vuil. En die 2deding is dat saad sonlig nodig het om te ontkiem. Hier hang 'n dik swart wolkkombers oorSA en dit gaan God se Lig weerhou om teskyn op die saad wat God wil plant. DieLig kan nie skyn deur hierdie swart wolke nie. Ek gaan die 2 struikelblokkeafsonderlik verduidelik.
BESMETTEGROND
Deur diejare het hier soveel onskuldige bloed gevloei op hierdie kosbare grond, diegrond het besmet geraak en dit onvrugbaar gelaat.Daar is te veel onskuldige bloed wat roep uitSA se grond uit. Net soos Kain wat virAbel doodgemaak het, en God het gesê: "Wat het jy gedoen? Die stemvan die bloed van jou broer roep na My van die aarde af." Net so roep daar onskuldige bloed van SA segronde af en dit verontreinig SA se grond sodat God nie Sy saad hier kan saainie. Hierdie grond het nodig om skoongemaakte word, maar hoe? Ons sal die wortelvan die kwaad moet uitroei.
Natuurlikvind hier op hierdie stadium baie bloedvloeiing in SA plaas, maar kom ons vatdit net eers so entjie terug na ons voorgeslagte, na bloed wat al baie lank uitdie grond uit roep. Ons is baie vinnigom die blaam vir SA se toestand op die nie-blankes te pak, maar ons gaan dinknie wat ons voorgeslagte aan die nie-blankes gedoen het nie… Ja, baie mense sal sê die nie-blankes het ditverdien omdat hulle weer destyds die blankes so gemoor het, maar kom ons maak ons kant skoon. Hoe vinniger ons ons kant skoonmaak, en dieander nasie in God se hand plaas sodat Hy hulle oordeel, hoe beter. Vergelding is nie veronderstel om in ons handte wees nie, kom ons gee dit aan God en hou op om God te speel in SA.
Baiemense neem vir God kwalik oor al die lelik wat op hierdie stadium aan die gangis in SA, maar dit is baie onregverdig om God te blameer vir die moord,verkraging en brutaliteit, want God sê is Sy Woord wat ons saai, gaan ons maai.
Eseg36:17: " Mensekind, toe die huisvan Israel in hulle land gewoon het, hulle dit verontreinig met hul wandel enmet hulle handelinge;hulle wandel wasvoor my aangesig soos die besoedeling van die maandelikse onreinheid. 18 DAAROM HET EK MY GRIMMIGHEID OOR HULLE UITGEGIET, VANWEE DIE BLOED WATHULLE IN DIE LAND VERGIET HET, terwylhulle dit met hul drekgode verontereinig het. 19 En Ek het hulle verstrooionder die nasies en hull is versprei in die lande; EK HET HULLE GEOORDEEL VOLGENS HUL WANDEL ENHUL HANDELINGE.
Ons is ongelukkig nou aan die ontvangkant vandie gemors wat ons voorgeslagte gesaai het. Ek weet baie mense gaan hulle tot in hul diepste siel vir my vererg oorwat ek hier gaan sê, maar mense, kom ons staar die waarheid in die gesig, komons hou op om al die vuilgoed onder die mat in te vee. Hoe vinniger ons dit gaan doen, hoe vinnigerkan God ons red van die wrede nasie. Hoevinniger ons voor God se voete gaan sit en die sondes van ons voorouers bely enonverkoning vra daarvoor, hoe vinniger kan God ons help. En as jy te veel hoogmoed het om verder telees of om die waarheid te erken, sal die gemors op jou kop ook afkom. Maar elkeen wat sy siel voor God sal gaanuitstort, sal gered word.
Alles watek hier gaan sê, het ek onder gebed ervaar, ek suig dit onder geenomstandighede uit my duim nie. Dit isnie iets waarvan ek hou om oor te praat nie, maar die Here verwag van my om ditbekend te maak. Mense hou nie daarvandat 'n mens krap en waarhede ontbloot nie. Maar die waarheid sal ons vrymaak. Saam met hierdie openbaring, het die Here Eseg 22 gegee, ek haaldeurentyd daaruit aan.
Eseg22:2: En jy, mensekind, wil jy oordeel,wil jy oordeel die bloedstad? Maak homdan al sy gruwels bekend!"
Ophierdie stadium word daar honderde vrouens per dag verkrag. Hoekom? Waar kom dit vandaan? Hoekom laat God dit toe? vra baie mense…
Onsvoorouers het die nie-blanke vrouens verkrag! Kon daardie vrouens ooit 'n saak gaan lê het teen die blanke man? Nee! Daar sou niks aan die saak gedoen word nie. Of as sy gepraat het daaroor, was systilletjies "weggeneem" deur die boer. Niemand sou weet waar sy is of wanneer sy salterugkom nie. Alles was net mooi onderdie mat ingevee. Eseg 22:11:(Message) "You have people spreading lies and spilling blood, flocking tothe hills to the sex shrines and fornicating unrestrained. Incest is common. Men force themselves on women regardless ofwhether they're ready or willing. Sex isanarcy."
Elke keerwat daar 'n vrou verkrag was deur 'n blanke man, het daar 'n gees vanverkragting ontstaan by daardie vrou. Assy 10 kinders gebaar het, het daardie verkragtingsgees is al 10 daardie kindersingegaan wat hulle eendag gaan dryf om weer ander te verkrag. En daardie gees het weer in hulle kindersingegaan - dit loop in die bloedlyne. Sien jy hoekom vind daar vandag soveelverkragtings plaas?Die verkragtinggeesis erg aan die werk tussen hulle, maar besef asb waar dit vandaan kom.
Hoeveelnie-blankes is as slawe gebruik en doodgemaak onder dwangarbeid? Hulle is geslaan met swepe en is baie slegbehandel. (Eseg 22:7: "…die vreemdeling in jou is met geweldbehandel…) Hulle moes net stilbly, hullehet niemand gehad wat hulle gehelp het nie.Soveel moord wat gepleeg is, maar die feite, die lyk en die bewyse wasbaie mooi begrawe sodat niemand dit moes weet nie. Maar God het geweet… En tot vandag roep daardie onskuldige bloeduit die grond uit.
Net soosdie verkragtingsgees oorgedra was, is die gees van geweld ook oorgedra. Dis waar al die geweld nou in SA vandaan kom,dit kom van daardie geweldgees wat oorgedra was van die blankes na die nie-blankes en nou heers daardie gees in die nie-blankes.
V12: "Hulle het omkoopgeskenke in jouaangeneem om bloed te vergiet; rente enwoeker het jy geneem en jou naaste te veel laat betaal deur verdrukking, maarMy het jy vergeet, speek die Here Here.
13 Kyk, so slaan Ek dan in my hand oor jouonregverdige wins wat jy gemaak het, en oor jou bloedskuld wat in jou is.
14 Sal jou hart standhou of jou hande sterk weesin die dae as Ek met jou handel? Ek, dieHere, het dit gespreek en sal dit doen.
15 Ek sal jou verstrooi onder die nasies en jouversprei in die lande, en Ek sal jou onreinheid uit jou wegruim." (Hoeveel van die land se mense het al gevlugna ander lande?)
31 …hulle wandel het Ek op hulle hoof laatneerkom, spreek die Here Here.
SWARTWOLKEKOMBERS
Soveeldinge was onder 'n baie dik dekmantel gedoen, dit lyk soos 'n dik swart kombersvan miswolke wat oor SA hang. Hierdie wolk het ontstaan uit rassisme, tradisie,rassehaat, moord, wreedheid teenoor ander kulture, hoogmoed en hoogverraad. Soveel gruwels, korrupsie, moord, verkragtingen bose dinge was onder hierdie dekmantel bedrywe. Hulle het gedink niemand sien dit raak nie,maar God het. Nou hoe kan ons verwag Godmoet ons land seën as Hy al hierdie dinge raaksien wat hier aangegaan het ennogsteeds aangaan? Hoeveel mense bedryfnet godsdiensbeoefening? Hoeveel aanbidGod dalk net oor wat hul daaruit kan kry? Niemand kan God bluf nie. Ons isgrootgemaak met die tradisie dat ons kerk toe moet gaan, maar hoeveelkerkgangers se harte is waarlik by God deur 'n kerkdiens? En hoeveel mense gaan kerk toe net omraakgesien te word, sodat ander kan dink hy is 'n Christen? Die mense treiter God met opsêgebedjies enrympies, hulle het geen verhouding met God nie. En die ergste - hoeveel leraars is waarlik opreg en preek nie elkeSondag vir 'n inkomste nie?
Jes29:13: En die Here het gesê: Omdat hierdie volk naderkom met hulle mond enMy eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van My hou, sodat hulle vreesvir My 'n AANGELEERDE MENSGEBOD is…
15 Wee hulle wat planne diep verberg vir dieHere, wie se werk in duisternis plaasvind; en hulle sê: Wie sien ons en wieken ons?"
Daar isnet een ding wat elkeen kan doen, en dit is dat elkeen by homself sit en sysaak regmaak met God. Vergewe die andernasie vir die dinge wat hulle gedoen het en sit hulle in God se hand. Vra die Here om jou voorouers te vergewe virdie gruwels wat hulle bedryf het sodat die Here ons kan lossny van hullesondes, sodat die vergelding nie op onskoppe verder moet afkom nie. Maak joulos van al hierdie godsdienstige reëls en rituele en begin God dien met 'nopregte hart.
Sag2:9: "Want kyk, Ek sal my hand oorhulle swaai, sodat hulle 'n buit word vir hulle knegte." Is dit nie wat gebeur het in SA nie?
Zechariah1
2 The Lord was very angry with yourancestors. Tell the people, "This is what the Lord of Armies says: Return to Me, declares the Lord of Armies,and I will return to you, says the Lord of Armies.
4 Don't be like your ancestors, who heard theearlier prophets preach to them, 'This is what the Lord of Armies says: Turn from your evil ways and your evil deeds. But they didn't listen or pay attention toMe, declares the Lord.
5 Your ancestors - where are they now? And the prophets - are they still alive? Didn't My warnings and My laws, which I'vecommanded my servants the prophets to preach, finally catch up with yourancestors? Then your ancestors turnedaway from their sins an said, The Lordof Armies has done to us what He had planned to do. He has dealt with us as our ways and deeddeserve."
Hier iste veel rassehaat in SA, en God kan nie werk daar waar haat werk nie. Haat is die satan se kos, en hoe meer onshaat, hoe meer werk satan en hoe minder kan God werk. Ons moet hierdie rassehaat en rassisme aflêby God se voete en God onverskoning vra vir die dade van ons voorouers. God soek eerlike belydenis van ons kantaf.
Dit isoor al hierdie sondes van ons voorouers dat ons land lyk soos dit lyk ophierdie stadium. Maar daar is hoop. Daar kan 'n liggie deur hierdie donker wolkevan SA skyn. Ons kan omdraai en regmaakmet God. Ons MOET! Maar dan moet elkeen met 'n oop en eerlikehart voor God gaan sit en alhoewel elkeen van nie weet wat ons voorouerspresies gedoen het nie, vra die Here om hulle te vergewe vir dit wat hullegedoen het en om jou los te sny van die dade van jou voorouers.
Joël2:12, "…bekeer julle tot My met julle hele hart, en met vas en geween enrouklag. 13 En skeur julle hart en nie julle klere nie,en bekeer julle tot die Here julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot vangoedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil
18 Toe het die Here geywer vir sy land en syvolk verskoon."
As onsomdraai na God, is daar 'n goeie belofte van God af aan ons in SA. Lees gerus die volgende blog: verduisterde harte om die belofte te sien watGod sê Hy gaan laat gebeur in SA

No comments:
Post a Comment